Rene O’Ehley (38) dogter van die voormalige Springbok-rugbyspeler, Gysie Pienaar, het gistermiddag op die N2 tussen Botrivier en Caledon in die Wes-Kaap verongeluk.
Volgens Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, was vier verskillende voertuie by die botsing betrokke. “O’Ehley se motor, ‘n VW Polo en ‘n vragmotor, het kop-aan-kop gebots.
O’Ehlry en haar man Edmund en hul twee kinders woon op Bredasdorp waar sy ook tot einde verlede jaar ‘n gr.R-onderwyseres was.
Ruan Pienaar, ook ‘n oud–Springbok wat deesdae vir Montpellier, die Franse rugbyklub, speel, is O’Ehley se broer.
By navraag was Gysie nie beskikbaar vir kommentaar nie, omdat hy op pad was na Johannesburg na familie.
Rene en haar man Rene, haar man en kinders
Facebook