Oud-Springbok se dogter verongeluk

Lees ook :

Rene O’Ehley (38) dogter van die voormalige Springbok-rugbyspeler, Gysie Pienaar, het gistermiddag op die N2 tussen Botrivier en Caledon in die Wes-Kaap verongeluk.

Volgens Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, was vier verskillende voertuie by die botsing betrokke. “O’Ehley se motor, ‘n VW Polo en ‘n vragmotor, het kop-aan-kop gebots.

O’Ehlry en haar man Edmund en hul twee kinders woon op Bredasdorp waar sy ook tot einde verlede jaar ‘n gr.R-onderwyseres was.

Ruan Pienaar, ook ‘n oud–Springbok wat deesdae vir Montpellier, die Franse rugbyklub, speel, is O’Ehley se broer.

By navraag was Gysie nie beskikbaar vir kommentaar nie, omdat hy op pad was na Johannesburg na familie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief