Lees ook: Sowat 100 olifante dood in Zimbabwiese droogte
PENNSILVANIë, VSA. – ’n Seun (4) het homself op 6 Julie in die kop geskiet met ’n geweer wat langs ’n verfstel op die slaapkamervloer was.
Ronnie Lynn het die skietery oorleef en het onlangs weer begin loop en leer weer om te praat. Sy ouers, Laura Steele en Michael Lynn, word aangekla van roekelose bedreiging van ander. Hulle word ook aangekla van die bedreiging van hulle kind se welsyn.
Die ouers het gesê die geweer was onder ’n bed in sy holster met die veiligheidsfunksie aan. Hulle het die polisie vertel hulle was by die huis toe hulle ’n “pop”-geluid hoor. Die ouers het gesê hulle het na Ronnie se kamer gehardloop waar hy gelê en bloei het met ’n geweerwond aan die kant van sy kop.
Steele het glo aan ondersoekers gesê sy het al vergeet van die geweer want dit was al so lank onder die bed. Sy het gesê sy voel skuldig, want: “Ek was te moeg om aandag te gee aan my kind”.
Bronne: The Independent, New York Post, Mail Online





