Lees ook: Japan se oudste persoon sterf op 116
ZIMBABWE. – Sowat 100 olifante is in die Hwange- nasionale park dood as gevolg van droogte. Die droogte, veroorsaak deur El Niño en klimaatsverandering, het veroorsaak dat watergate opdroog.
Daar is geen rivier wat deur die park gaan nie, dus moet die diere staatmaak op boorgate, wat nie genoeg is nie.
Die 45 000 olifante en ander diere in die Hwange-park is in gevaar as dit nie binnekort reën nie.
Leiers van verskeie lande vergader nou vir COP28 waar die olifante se dood en die gevaar vir die diere waarskynlik bespreek sal word.
Dit is nie die eerste keer dat olifante in Zimbabwe sterf as gevolg van ’n droogte nie. In 2019 het meer as 200 olifante weens ’n gebrek aan water gesterf.
Bronne: IOL, Jacaranda FM, Zimbabwe News Now
Lees ook: Japan se oudste persoon sterf op 116





