KWAZULU-NATAL. – ‘n Ouma (67) en haar kleinkind (3) is Donderdag kritiek beseer nadat hulle deur ‘n rottweiler in KwaDukuza aangeval is.
Kelsey-Jae Meyrick van IPSS Medical Rescue sê ‘n oproep vir hulp vir ‘n ouma en haar kleinkind is ontvang. Met aankoms op die toneel is die twee persone kritiek beseer aangetref.
Beide is gestabiliseer waarna hulle onder die sorg van ‘n gevorderde lewensondersteunende paramedikus na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.
Meyrick sê die omstandighede van die voorval word deur die polisie ondersoek.
Nuusflits het vir polisiekommentaar gevra.





