UPINGTON, NOORD-KAAP. – ‘n Oupa (55) wat op 13 Augustus 2023 sy kleindogter (15) verkrag het, is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis.
Sers. Omphile Masegela sê die kleindogter het by haar grootouers gebly. Sy het die nag omstreeks 00:30 die badkamer gebruik, waartydens sy deur haar oupa verkrag is. Die oggend het sy vir haar ouma vertel wat gebeur het. Die verkragting is by die polisie aangemeld en die oupa is dieselfde dag in hegtenis geneem.
Hy is borg geweier en was vir die hele tyd van die verhoor en vonnisoplegging in aanhouding.
Sers. Lucky Malepe is vir die suksesvolle ondersoek en afhandeling van die saak geprys.





