Overstrand-kragonderbreking moontlik aan sabotasie gekoppel

Lees ook :

Foto - Ki ge-genereer

Vermont/Onrus het op 14 Mei nog ’n kragonderbreking ondervind, nadat die gebied reeds vir etlike dae ná swaar reënstorms sonder elektrisiteit was. ’n Eskom-kragpaal is glo afgesaag naby die skerp draai op die pad voor Hawston.

Volgens ’n verslag wat deur die Overstrand Munisipaliteit uitgereik is, is die onderbreking straks te wyte aan sabotasie.

Ondersoeke is tans aan die gang nadat wetstoepassingsowerhede van die voorval in kennis gestel is. Sabotasie van noodsaaklike infrastruktuur word in ’n ernstige lig beskou aangesien dit ’n direkte impak op gemeenskappe, besighede en noodsaaklike dienste het.

Spanne het intussen die nodige materiaal en hulpbronne bekom om die beskadigde paal te vervang. Onrus-Noord en Bosplasie sal aandag geniet sodra hulpbronne beskikbaar raak.

Daar is tans geen beraamde tyd vir die volledige herstel van die kragtoevoer beskikbaar nie.

Raadslid van Wyk 13 (Onrus-Vermont), Charmaine Resandt, het vanoggend telefonies bevestig dat kragtoevoer na die meeste gebiede intussen herstel is. Bosplasie ervaar egter steeds ‘n kragonderbreking. Volgens Resandt het Eskom ’n tekort aan hulpbronne en is daar tans slegs een span aan die Overstrand-gebied toegewys. Gevolglik sal daar van ‘n eksterne kontrakteur gebruik word om die probleem verder op te los.

Die Overstrand Munisipaliteit herinner inwoners daaraan om enige voorvalle van vandalisme of kabeldiefstal telefonies by SAPD Hermanus aan te meld by 028 313 5300, of via die Munisipale Burgertoepassing onder elektrisiteitsfoute. Die Overstrand Munisipale Kontaksentrum kan ook gekontak word by 028 313 8111.

Bron: Raadslid Charmaine Resandt, Overstrand Munisipaliteit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief