Lees ook: Onbekende persone probeer inbreek by Gautengse OVK-pakhuis
JOHHANESBURG. – Die OVK-beampte, dr. Nomsa Praisy Masuku, het gister op aanklagte van bedrog in die hof verskyn.
Sy het glo R1.2 m. gesteel toe sy by Standard Bank gewerk het. Die geld is uit Standard Bank se “Adopt A School Trust”-program gesteel wat bedoel was om leerders te help om verder te studeer.
Volgens die Valke het Masuku van die geld tussen 2006 en 2013 in haar persoonlike bankrekening inbetaal.
Masuku is op borg van R20 000 vrygelaat en die saak is tot 4 September uitgestel.
Bronne: eNCA, The Citizen, IOL
Lees ook: Onbekende persone probeer inbreek by Gautengse OVK-pakhuis





