Lees ook: ‘P Diddy’ Combs in hegtenis geneem
NEW YORK, VSA. – Sean “P Diddy” Combs het onskuldig gepleit op verskeie aanklagtes, insluitend dié van sekshandel.
’n Federale regter het vandag sy aansoek om borg afgekeur en het gesê hy is ’n vlugrisiko.
Combs is Maandag in hegtenis geneem na verskeie vrouens hom vir seksuele misdrywe gedagvaar het.
Hy word aangekla van rampokkery, sekshandel en die reël van vervoer om deel te neem aan prostitusie. Indien hy skuldig bevind word op al drie aanklagtes, kan hy tot 15 jaar tronkstraf opgelê word.
Bronne: The Star, CNN, The Irish Times
Lees ook: ‘P Diddy’ Combs in hegtenis geneem