Brekende Nuus
Afrikaans

Pa (43) kry ses keer lewenslank na hy biologiese dogter swanger maak

‘n Pa (43) is Maandag ses lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting van sy biologiese dogter.

Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê die 14-jarige slagoffer is deur haar biologiese pa verkrag en swanger gemaak. Haar pa het ook gedreig om haar dood te maak indien sy die voorval aan iemand sou rapporteer.

Die saak is in 2013 by die polisie aangegee en die pa is in hegtenis geneem.

Hy is skuldig bevind aan verkragting en seksuele aanranding en is ses keer lewenslank vir verkragting en drie jaar vir seksuele aanranding gevonnis.