Pa en dogter doodgeskiet, ma gewond

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (62) en sy dogter (43) is Maandagmiddag in eMakhwanini in die Mangethe-area van Mandeni doodgeskiet. Die vrou (57) is gewond. Twee verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie is na die misdaadtoneel ontbied waar hulle die pa en dogter dood aangetref het. Die vrou is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal gehaas. Die verdagtes se identiteit is met ‘n ondersoek vasgestel. Na bewering was een van hulle na die oorledene se seun op soek, aangesien hy glo ‘n verhouding met een van die verdagtes se meisie gehad het.

‘n Operasie het na die inhegtenisneming van die verdagtes net na middernag vanoggend, by ‘n perseel in die Majuba-area in Mandeni, gelei. Twee vuurwapens, waarvan een tuisgemaak, is in die verdagtes se besit gevind. Die ander vuurwapen se reeksnommer is afgevyl.

“Voordat hulle die drie slagoffers geskiet het, het die verdagtes glo ‘n man in die eMakhwanini-area in Mangethe ontvoer, hom na die nabygeleë bosse gesleep, met ‘n tou teen ‘n boom vasgebind en sy mond gesnoer. Die verdagtes het glo aan die slagoffer gesê dat hulle mense by ‘n spesifieke huis gaan doodmaak en dan sal hulle hom laaste doodmaak. Die slagoffer het daarin geslaag om homself te bevry en het die saak by die polisie aangemeld.”

Netshiunda sê die verdagtes, 27 en 37 jaar oud, sal Woensdag in die Nyoni-landdroshof verskyn.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App