MPUMALANGA. – Willem van der Sandt (40) en Shylo (3), sy kleuterdogter, het op 30 Augustus, omstreeks 21:00 in ‘n motorongeluk op die N12, onderweg na Witbank, gesterf.
Robin du Plessis, wat swanger is, en haar twee seuns, Lehandro en Lorenzo, het die ongeluk oorleef. Du Plessis het drie dae gelede ‘n sosialemediaplasing gemaak waarin sy oor die afsterwe van haar verloofde en dogtertjie praat en sรช sy wens sy kan die tyd terugdraai en dat sy nie sonder hulle kan wees nie.
“My liefste man, en my pragtige prinses, R.I.P โฆ Rus in vrede my 2 liefdes. Ek is soooooo soooo jammer, en ek miss julle soooo baie โฆ Ek hoop Justice seรซvier.. en dat hulle gevang word. Ek kan nie my lewe indink sonder julle nie. Hoe gaan ek dit doen? Ek is sooooo bitter baie ongelooflik baie lief vir julle 2.. Wens die tyd kon ek terugdraaiโฆ Ek kan nie sonder julle nieโฆ Hoe gaan ek dit doen?”
In ‘n opvolgplasing wat wyd gedeel is en medelye van heinde en verre ontlok, het Du Plessis gesรช sy wil inligting van die ongeluk hรช. Die insittendes van die tweede voertuig wat hulle van agter getref het, het van die toneel weg gehardloop. Dit het veroorsaak dat beide bestuurders beheer verloor en die voertuie gerol het.
Du Plessis sรช geregtigheid moet seรซvier en het gevra haar plasing moet gedeel word om die skuldiges op te spoor.
In die plasing vertel sy hulle was van ‘n ouerhuis in Eloff na hulle huis in Witbank onderweg. Die gesin het kruideniersware gekoop en het net verby Red Star Raceway gery, toe ‘n voertuig hulle van agter tref. Hulle het gerol, waartydens Du Plessis, Van der Sandt, Shylo en Lorenzo, die oudste seun, uit die voertuig geval het. Lehandro was die enigste wat in die voertuig was na dit tot stilstand gekom het. Du Plessis sรช haar verloofde is op slag oorlede, maar Shylo het in haar arms gesterf.
Du Plessis, haar ongebore baba en die twee seuns is soos sy dit beskryf “okay” al het hulle seergekry. Sy vertel in die plasing die ambulans het meer as twee uur geneem om op die toneel te kom. Die moedige Du Plessis bedank onbekende omstanders wat by hulle stilgehou en probeer help het.
Van der Sandt en Shylo word deur Du Plessis beskryf as mense wat altyd geglimlag het, wat volgens haar op die lelikste manier ooit van hulle weggeruk is.
Alhoewel ‘n saak geopen is, is daar volgens Du Plessis nog geen verklarings geneem nie. Sy wil nie die saak laat doodloop nie en dit is die rede waarom sy vra haar plasing moet gedeel word.
Op 27 Mei het Van der Sandt ‘n sosialemediaplasing gemaak waarin hy sรช: “Dis regtig bef*k lekker en ‘n vooreg om te weet dat sy, Robin du Plessis oor minder as n jaar my wettige vrou gaan wees. Lief jou ongelooflik baie my sexy prinses, en dankie dat jy in my lewe is. Ek kan nie ‘n lewe sonder jou indink.”
Nuusflits het kommentaar van die departement van gemeenskapsveiligheid en skakeling en die polisie gevra.
Lees Du Plessis se volledige sosialemediaplasing hier onder:
My man en 3-jarige dogtertjie is Vrydagaand die 30ste Augustus in ‘n baie lelike karongeluk oorledeโฆ Ek my man, ons dogtertjie en ons 2 seuns was in die ongelukโฆ Ons was van my ma’le af op pad huis toe. Van Eloff na Witbank.. Ons het groceries ens. gaan koopโฆ Dit was 9uur die aand wat dit gebeur het. Ons het 117 kilos gery op die N12 net na Red Star Raceway se afrit op pad Witbank toe, toe ‘n kar ons van agter getref het. Ons kar het ‘n paar keer gerol, ek, my man, my dogtertjie en my oudste seun het uit die kar geval, my ander seun was in die kar. Ek en my 2 seuns is okay, en het seergekry, maar ons is fine. Ek is ook swanger, en die baba is okay. My man is ongelukkig op slag oorlede, en na ‘n lang ruk se ly, is my dogtertjie in my arms oorlede.. Die ambulaans het ook 2 ure+ gevat voor hulle op die toneel gekom het. Die mense wat in die ander kar gery het, het ook gerol, maar hulle het weggehardloop. Daar was ook drankbottels in hulle kar. Sover ek verstaan, is hulle nog nie gevind nie, ek wil asb. vra dat almal die post share, miskien kry ons dalk net nog informasie wat ons kan hel Ek wil ook net dankie sรช vir die mense wat gehelp het op die toneel, voor enige dienste daar gekom het. Ek weet nie wie dit was nie. Met baadjies, om ons te probeer rustig hou, ek waardeer dit uit my hart uit. My man was ons broodwinner. My man, my kinders se pappa, ons held, ons alles. My dogtertjie was my eerste meisiekind, my poppie, my mini me.. Hulle was die vriendelikste 2 mensies onder die son wat mens kon kry, altyd gesmile, baie liefde gehad, nooit ‘n dag verbygegaan wat hulle nie ‘n smile op hulle gesiggies gehad het nie. Hulle was ons alles. En hulle is van ons weggeruk, op die lelikste manier ooit. Ek weet nog nie hoe ons die gaan deurmaak nie. Dis sooooo bitter moelik, en ek kan nie ‘n dag sonder hulle insien nie. Ek wil net geregtigheid hรช vir my man en ons prinsessie. Daar was geen verklarings gevat nie, daar is ‘n saak vir hulle albei oopgemaak, ek weet nie wie die ander mense is nie. Maar verstaan hulle is nie gevind nie. Ek kan nie kyk hoe dit doodloop nie, my man en dogtertjie is ons alles geweesASB. ASB. help my om die oral te share