Pa en ma gevonnis na baba van honger sterf, vier ander kinders mishandel is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Pa en ma van Alamama, naby Klerksdorp, is op Woensdag 21 Februarie deur die Noordwes-hooggeregshof vir 15 jaar tronk toe gestuur vir twee klagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding, kinderverwaarlosing en strafbare manslag op hulle vyf kinders.

Lt.kol. Amanda Funani sê die hof het gehoor hoe die ma die vyf kinders, tussen die ouderdom van drie weke en 13 jaar, aangerand en mishandel het deur hulle te slaan, teen ‘n muur te gooi en van kos te ontneem.

Op 14 Mei 2021 het die pa die polisie gebel en ‘n aanrandingsaak oopgemaak, waarna sy in hegtenis geneem is. Sy is egter met ‘n waarskuwing vrygelaat omdat sy die baba, toe slegs drie weke oud, geborsvoed het. In September 2021 is twee sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer, waarvan haar dogters, agt en 13 jaar, die slagoffers was, gemaak en sy is weer in hegtenis geneem. Ten tyde van die voorval het die polisie uitgevind die baba het van honger gesterf en ‘n dossier vir slagbare manslag is geregistreer.

Die pa van die kinders is ook in Oktober dieselfde jaar in hegtenis geneem nadat uitgevind is hy het die seuns van twee en vyf jaar oud mishandel. Hy is ook van strafbare manslag aangekla.

Beide die ouers is in die hof skuldig bevind.

Die ma as beskuldigde nommer 1 is op aanklag 1 van aanranding met die doel om ernstig te beseer tot 8 jaar, op aanklag 2, ook van aanranding met die doel om ernstig te beseer tot 8 jaar, op aanklag 3 van aanranding tot vier jaar, op aanklag 11 van kinderverwaarlosing tot 10 jaar en op aanklag 14 van strafbare manslag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Die pa as beskuldigde nommer 2 is op aanklag 11 van kinderverwaarlosing tot 10 jaar en op aanklag 13 van strafbare manslag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Beide sal 15 jaar in die tronk deurbring.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief