OOS-KAAP. – ’n Intelligensiegedrewe operasie het tot die inhegtenisneming van ’n pa (69) en sy seun (29) in die Mncwasa-omgewing buite Mqanduli gelei.
Daar is na bewering vermoedelik gesteelde vee, wat 42 skape en sewe bokke met ’n waarde van ongeveer R50 400 insluit, in hulle besit gevind.
Sewe van die skape is deur twee regmatige eienaars geïdentifiseer wat hulle as gesteel aangemeld het.
Die twee verdagtes het Vrydag op aanklag van veediefstal in die Mqanduli-landdroshof verskyn.
’n Beroep word op enigiemand wat vermiste of gesteelde vee het, gedoen om die Mqanduli-munisipaliteit se skut tydens kantoorure te besoek. Identifiseringsdokumente sal benodig word.
Bronne: SAPD, Twitter





