Pa gevonnis wat baba op grond gooi

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Pa (30) van Kimberley is deur die Kimberley-landdroshof gevonnis nadat hy sy babaseun in 2023 ernstig aangerand het.

Lt.kol. Sergio Kock sê die polisiebestuur verwelkom die vonnis.

‘n Rusie het op 28 September 2023 omstreeks 12:30 tussen die ouma, met die baba op haar rug, en die baba se pa uitgebreek. Hy het die baba van haar rug gegryp en op die grond neergegooi. Met aankoms van die polisie en paramedici was die babaseun bewusteloos en moes hy in ‘n hospitaal ogeneem word.

Kock sê die pa is in hegtenis geneem, skuldig bevind en op 29 Julie gevonnis. Die pa is ‘n vonnis van ses jaar tronkstraf, waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is, opgelê, op voorwaarde dat hy nie weer van aanranding met die doel om ernstig te beseer tydens die opskorting skuldig bevind word nie.

Die pa is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Speur.konst. Shawn Boer van Kimberley-GKS het die ondersoek gelei wat tot die vonnisoplegging gelei het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief