Pa kap glo seun met graaf dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Pa (58) het glo Donderdag sy seun (33) in die Maulama-woonbuurt met ‘n graaf doodgekap. Die verdagte het Maandag in die hof verskyn.

Kol. Malesela Ledwaba sê die insident het tydens ‘n huishoudelike dispuut plaasgevind. Met aankoms op die toneel het die polisie die verdagte buite gekry. Hulle is deur famililede ingelig die verdagte het met sy seun baklei en hom met die graaf gekap.

“Die slagoffer is met ‘n diep kopwond in die huis gevind en is dood verklaar. Daar is op die vermeende moordwapen beslag gelê.”

Die verdagte is volgens rapportering deur die gemeenskap aangerand voordat die polisie op die toneel aangekom het en is gehospitaliseer, maar later ontslaan en in aanhouding.

Ledwaba sê die verdagte het in die Dzanani-landdroshof voorgekom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief