Johan “Pikkie” Swanepoel kon nie langs die bed staan toe sy vrou Claudia geboorte gegee het aan hulle seuntjie Blake nie. Johan was sterwend aan breinkanker en het in sy eie bed gelê, só gedraai deur die personeel by MediClinic Louis Leipoldt in Bellville dat hy sy vrou se hand kon vashou én in die groot oomblik kon deel.
Luister na hulle aangrypende storie, soos aan Conette le Roux van LiG, vertel.