KALIFORNIЁ, VSA. – ‘n Pa (54) het Saterdag verdrink nadat hy sy seun (7) se kop bo water gehou het nadat die kajak waarin hulle was, omgeslaan het.
Lees ook: 18 dood nadat boot met migrante omslaan
Die vredesbeamptes van die Kaliforniese staatspark is geskakel oor mense wat skree en in die moeilikheid is in die water naby Moreno-strand.
Die pa was bewusteloos en half onder water, terwyl die seun by sy bewussyn was en aan sy pa vasgehou het.
Die pa en seun is uit die water gehaal en KPR is op die pa toegepas. Die pa en seun is na die Riverside-universiteit se gesondheidfasiliteit geneem waar die pa dood verklaar is. Die seun is na ‘n hospitaal geneem vir evaluasie.
Die voorval word ondersoek. Nie die pa of seun het ‘n reddingsbaadjie aangehad toe die kajak omgeslaan het nie, alhoewel daar een in die kajak was.
Bronne: The Independent, Daily Mail, PEOPLE
Lees ook: 18 dood nadat boot met migrante omslaan

