Pa van vermiste tiener vas vir ‘mensehandel’

Lees ook :

Pa vas vir beweerde mensehandel. Foto ter illustrasie: Canva en Rusa

DURBAN, KZN. Die pa (43) van ’n tiener is op aanklag van mensehandel en meineed in hegtenis geneem. Hy het sy dogter op 5 Februarie as vermis aangemeld nadat sy glo deur ’n verdagte in ’n suikerrietplantasie ingetrek is toe sy van die skool na ’n snoepwinkel in die Umhlali-area geloop het.

Die SAPD het die meisie (14) op 9 Februarie tydens ’n soektog gevind. Na bewering het sy saam met ’n ongedokumenteerde immigrant (23) in Jabu Ngcoboweg geloop.

Volgens inligting het die meisie vrywillig saam met die verdagte gegaan en selfs ’n foto van hulle twee op sosiale media geplaas. Die meisie het aan polisielede vertel dat haar pa bewus was dat sy saam met die verdagte is.

Na bewering het die pa vergoeding vanaf die verdagte ontvang nadat hy ’n verhouding tussen hulle aangemoedig het.

Die SAPD het sowat 47 wenke vanaf die gemeenskap oor die geval ontvang. Die pa is tans in aanhouding en sal môre in die KwaDukuza-landdroshof verskyn. Die verdagte is van statutêre verkragting en onwettige immigrasie aangekla.

Bronne: SAPD, Rusa

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App