Pa van Victoria-Wes vir verkragting van dogter tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Pa (45) is deur die Victoria-Wes-landdroshof vir 15 jaar tronk toe gestuur, nadat hy sy 8-jarige dogter verkrag het.

Lt.kol. Sergio Kock sê die vonnis word verwelkom.

Die verkragting het op 6 Julie 2019 plaasgevind, waarna dit aan die polisie gerapporteer is. Die pa is dieselfde dag nog in hegtenis geneem en borg is geweier.

Hy is aan verkragting van sy dogter skuldig bevind en gevonnis.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief