Pa wat glo babadogter vermoor, gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Pa (22) wat glo sy babadogter (17 mnde.) doodgemaak het, is Woensdag gearresteer. Die pa is sedert 30 Desember 2024 vir ‘n ander saak in aanhouding,.

Lt. kol. Jabu Ndubane sê die beskuldigde het vroegoggend op 30 Desember 2024 die baba hospitaal toe geneem en gesê sy het beserings opgedoen nadat sy van ‘n bed afgeval het. Sy is egter deur die mediese personeel dood verklaar. Die polisie is ontbied en beserings wat agterdog gewek het – verskeie kneusmerke en tekens van verwurging – is aangemeld.

Die pa sal na verwagting vandag in verband met die baba se dood in die Ermelo-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief