Brekende Nuus
Afrikaans

Pa wat kind (5) ‘aanrand’ vandag in hof

'n Pa wat glo sy jong kind aangerand het, is in hegtenis geneem en sal in die landdroshof verskyn.

Pa wat jong dogter aanrand in hegtenis geneem
Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Pa (34) van Matwabeng naby Senekal wat glo Vrydag sy dogter (5) aangespreek en begin aanrand het omdat sy laat by die huis gekom het, is vir aanranding met die doel om ernstig te beseer in hegtenis geneem. Die kind is vir mediese behandeling in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.

AO Mmako Mophiring sê tydens die aanranding het die man glo sy kind se gesig met gom besmeer en sy het sommige van haar tande verloor. Die kind se ma en vrou van die man is oorlede.

Bure het die polisie ontbied, waarna die pa in hegtenis geneem is. Hy sal na verwagting vandag in die Senekal-landdroshof verskyn.

Die Ficksburg-GKS ondersoek die saak.

Die kind sal in ‘n plek van veiligheid geplaas word wanneer sy uit die hospitaal ontslaan word.