Die sangeres Karen Zoid het onlangs foto’s gedeel van ’n paartjie wat die naweek by een van haar optredes verloof geraak het.
“Couple got engaged on stage just before our set tonight. Precious,” skryf sy op haar Instagram.
Die paartjie het na die tyd saam met Zoid vir ’n foto poseer. Volgens die kommentaarafdeling by die foto is die vrou se naam Monique Lees. Die man se suster noem ook dat hulle van jongs af na Zoid se musiek luister, dus was dit vir haar boetie en sy meisie ‘n besonderse aand.
Bron: Instagram





