VRYSTAAT. – Die N6 tussen Smithfield en Rouxville is vir verkeer in beide rigtings gesluit, na ‘n ongeluk tussen ‘n vragmotor en minibus ongeveer 3 km van Smithfield af.
Ser. Mahlomola Kareli sê motoriste word aangeraai om die pad te vermy. Smithfield-polisie het omstreeks 11:25 ‘n oproep vir hulp van ‘n motoris ontvang. ‘n Vragmotor wat in die rigting van Bloemfontein en ‘n minibus wat in die rigting van Rouxville op reis was, was in ‘n trompop-botsing betrokke.
Drie persone het gesterf. Die vragmotor was in vlamme gehul. Alle rolspelers is op die toneel.





