Brekende Nuus
Afrikaans

Pakistan beweer Indië beplan militêre aanval

Pakistan beweer Indië beplan militêre aanval

fotokrediet: Canva
Pakistan beweer Indië beplan militêre aanval fotokrediet: Canva

PAKISTAN. – Pakistan se minister van inligting, Attaullah Tarar, het gesê die land het inligting ontvang dat Indië ’n militêre aanval op die land in die volgende 36 uur beplan.

Lees ook: 26 toeriste dood in terreuraanval in Kashmir

Dit volg na Indië Pakistan beskuldig het daarvan dat dit militante ondersteun het wat verlede week Kashmir aangeval en 26 toeriste doodgemaak het. Islamabad het die aantygings ontken.

Die minister van inligting het beweer Indië is van plan om die terreuraanval as ’n “verskoning” te gebruik om Pakistan aan te val en dat “daar ’n reaksie sal wees as Indië enige militêre aksie neem”.

Bronne: BBC, CNN, The Times of India

Lees ook: 26 toeriste dood in terreuraanval in Kashmir