Pakistan en Indië blameer mekaar vir militêre spanning

Lees ook :

Pakistan en Indië blameer mekaar vir militêre spanning fotokrediet: X

Pakistan en Indië het mekaar Donderdag oor en weer blameer vir hommeltuigaanvalle en die stygende militêre spanning.

Lees ook: Aanvalle duur voort tussen Indië en Pakistan, dodetal styg aan beide kante

Volgens Pakistan se weermag het dit 25 Indiese hommeltuie afgeskiet, terwyl Indië beweer Pakistan het oornagaanvalle met “vuurpyle en hommeltuie” geloods en dat dit ’n lugverdedigingstelsel in Lahore vernietig het.

Sowat 47 mense is tot dusver dood in beide lande se heen-en-weer-aanvalle. Pakistan het gesê 31 mense is dood en 57 beseer in lugaanvalle en ’n skietery langs die grens (Line of Control) tussen die twee lande.

Indië het op hulle beurt gesê 16 burgers is dood na Pakistanse aanvalle op die grens.

Die aanvalle het gevolg na Indië Pakistan aangeval het uit het “wraak” vir die aanval op toeriste in Kasjmir in April. Indië het beweer dit was ’n Pakistanse terreurgroep wat die aanval uitgevoer het, terwyl Pakistan ontken het dat die land daarby betrokke was en gevra het vir ’n onafhanklike ondersoek aangaande die insident.

Bronne: BBC, CNN, IOL

Lees ook: Aanvalle duur voort tussen Indië en Pakistan, dodetal styg aan beide kante

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief