Aanvalle duur voort tussen Indië en Pakistan, dodetal styg aan beide kante

Lees ook :

Aanvalle duur voort tussen Indië en Pakistan, dodetal styg in beide lande fotokrediet: X

Die aanvalle tussen Pakistan en Indië duur voort met sowat 38 Pakistani’s en 13 Indiërs wat tot dusver in vyandelikhede tussen die twee lande omgekom het.

Lees ook: Dodetal styg in wraakaanvalle van Indië op Pakistan

Dit volg na Indië gister (Woensdag) “terreurteikens” in Pakistan aangeval het uit wraak vir ’n terreuraanval op Kasjmir waarvoor Pakistan blameer is. Die kantoor van die eerste minister, Sjehbaz Sjarif, het ontken dat hulle vir die terreuraanval betrokke was, maar het gesê hulle gaan reageer op wat hulle ’n “act of war” genoem het.

Die Indiese weermag het gesê geregtigheid is gedien na nege “terreurkampe” vernietig is. Volgens Pakistan se weermag het Indië burgerlike teikens, insluitend moskees, aangeval. Vier kinders is glo ook doodgeskiet.

Pakistan het gesê dit het oornag vyf Indiese vegvliegtuie en ‘n hommeltuig afgeskiet in ‘n hewige oor-en-weer-skietery tussen vegvliegtuie op die grens van die twee lande.

Bronne: The Telegraph, IOL, Daily Post Nigeria

Lees ook: Dodetal styg in wraakaanvalle van Indië op Pakistan

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief