Para-swemmers beïndruk by SASAPD-byeenkoms

Lees ook :

Para swemmer Tiaan Terblanche
Foto Johan Maree - aXnshots

Tydens die onlangse Toyota SASAPD Nasionale Kampioenskappe, aangebied deur die South African Sports Association for the Physically Disabled, het die swem items baie belangstelling gelok. Verskeie talentvolle swemmers van regoor Suid Afrika het om medaljes meegeding en talent was volop.

Die 15-jarige Tiaan Terblanche het vanjaar weer sy merk gemaak tydens die toernooi met ’n reeks indrukwekkende prestasies in die swembad.

Tiaan, wat in die S13-klas vir visueel gestremde atlete meeding, leef met LCA (Leber Congenital Amaurosis), maar laat hom geensins deur sy kondisie stuit nie. Hy het aan verskeie items deelgeneem, waaronder borsslag, rugslag, vlinderslag en vryslag, en altesaam 11 medaljes verower — vyf goud, twee silwer en vier brons.

Die jong swemmer is tans ’n Graad 10-leerder aan Outeniqua Hoërskool in George, waar hy akademie en sport suksesvol balanseer. Sy prestasies bou voort op ’n merkwaardige 2025-seisoen, waartydens hy nie minder nie as nege Suid-Afrikaanse rekords in die o.14 S13-kategorie verbeter het.

Met sy talent en toewyding lyk die toekoms besonder blink vir Tiaan Terblanche, wat reeds besig is om homself as een van Suid-Afrika se belowendste para-swemsterre te vestig.

Sien ook: https://nuusflits.com/toyota-sasapd-nasionale-kampioenskappe-in-stellenbosch/

Vir meer foto’s, klik hier. Foto’s deur Johan Maree aXnShots.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief