Paroolbesluit oor Griekwastad-moordenaar omgekeer

Lees ook :

Foto: Oorl. Marthella Steenkamp Facebook-blad

Die paroolbesluit oor die sogenaamde Griekwastad-moordenaar, wat skuldig is aan die moord op sy ouers en jonger suster is omgekeer. Ingevolge die strafproseswet word die gesinsmoordenaar se naam weerhou, aangesien hy tydens die misdade minderjarig was.

Euné Wessels, woordvoerder vir die minister van korrektiewe dienste, sê die korrektiewe toesig-en-paroolhersieningsraad (KTPHR) het die besluit om ‘n veroordeelde moordenaar op parool te plaas, omgekeer. Dr. Pieter Groenewald, die minister van korrekteiwe dienste, het bevestig dat die besluit vervang is nadat talle lede uit die gemeenskap beswaar gemaak het. Die betrokke individu is skuldig bevind op drie aanklagte van moord, verkragting en regsverydeling.

Die KTPHR, onder voorsitterskap van ‘n Hooggeregshofregter, het die oorspronklike besluit van die Upington korrektiewe toesig- en paroolraad hersien en uiteindelik beslis om dit te vervang. Die veroordeelde moet nou binne ‘n bepaalde tydperk aan voorgeskrewe regstellende maatreëls voldoen voordat sy geskiktheid vir parool weer oorweeg kan word.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief