Partye stem saam: Maatskaplike toelae van R350 is te min

Lees ook :

Partye stem saam: Maatskaplike toelae van R350 is te min Foto ter illustrasie: Verskaf

KAAPSTAD.- Adj. pres. Paul Mashatile het Dinsdag in sy jaarlikse toespraak aan die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) genoem dat die maatskaplike toelae van R350 nie tred hou met inflasie en lewenskoste nie.

Tydens die laaste sitting van die NRP is daar gefokus op die tema: “Die onmisbare dringendheid – versnelling in die verskaffing van maatskaplike dienste, veiligheid, en die bevordering van ekonomiese hervormings vir ekonomiese herstel in die belang van die mense.”

Mashatile het onder andere besin oor pogings wat aangepak is om alle sfere van die regering te koördineer. Die koördinasie behels wyses om dienslewering en ekonomiese transformasie te versnel.  

Verskeie groepe, waaronder politieke partye, gemeenskapsorganisasies en vakbonde, het bedrae tussen R650 tot R1 400 vir die maatskaplike inkomste-toelae voorgestel. Almal het egter saamgestem dat die R350 wat aan die 80 miljoen werklose Suid-Afrikaners betaal word, nie genoeg is om die lewenskostes te dek nie.

Planne is in plek om die toelae moontlik tot 2025 te verleng en ’n basiese inkomstetoelaag bekend te stel. Verskillende befondsingsmoontlikhede word nog ondersoek.

Bronne: The Presidency, IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief