OOS-KAAP. – ‘n Pasgebore babaseun is vanoggend om 02:00 by die ingang van Mount Road-polisiestasie gevind.
Kol. Priscilla Naidu sê ‘n polisielid het die gehuil van ‘n baba by die voetgangershek gehoor. Met ondersoek is die baba op die grond, toegedraai in ‘n swart-en-bruin handdoek en wit kombers, aangetref.
Naidu sê die baba is na Dora Nginza-hospitaal geneem en ‘n saak van verlating van ‘n kind word deur die polisie ondersoek.
Enigiemand wat inligting het om die ma van die babaseun op te spoor, word gevra om Mount Road-polisiestasie by 041 3946316 0f 041 3946243 te bel.
Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





