Pasiënt kla oor hospitaalbehandeling ná voorval waartydens 3 sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – Ná ‘n verklaring van die Limpopo-premierskantoor het Selepe Makoti Ishmael sy frustrasie uitgespreek oor die hospitaalbehandeling wat hy by ’n provinsiale hospitaal ontvang het nadat hy siek geword het ná die eet van begrafniskos. Drie mense wat ook van die kos geëet het, is dood.

Selepe sê hy en twee kollegas het die oggend omstreeks 09:00 by die Pietersburg-hospitaal aangekom, maar is vir meer as 10 uur nie gehelp nie. Volgens hom is slegs een van hulle uiteindelik behandel. Hy beweer hulle het personeel ingelig dat hulle by die betrokke begrafnis was en dringend mediese hulp nodig het, maar hul toestand is nie as ’n noodgeval hanteer nie. Selepe sê hy ly tans aan diarree en ligte maagkrampe en is bekommerd oor sy gesondheid.

Die premierskantoor het intussen op sy kommentaar gereageer deur te vra watter hospitaal betrokke is, sodat ondersoek ingestel kan word. Nadat Selepi bevestig het dat dit die Pietersburg-hospitaal is, is hy aangeraai om weer na die hospitaal vir behandeling terug te gaan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief