Brekende Nuus
Afrikaans

Pasiënte met onbekende siekte in Kongo toets ook positief vir malaria

Pasiënte met onbekende siekte in Kongo toets ook positief vir malaria

fotokrediet: Canva
Pasiënte met onbekende siekte in Kongo toets ook positief vir malaria fotokrediet: Canva

Lees ook: Nuwe virus in Kongo laat WGO ondersoek instel

REPUBLIEK DIE KONGO. – Van die pasiënte in die Kongo wat die onbekende siekte, Disease X, het, toets ook positief vir malaria.

Die WGO-hoof, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, het gesê die pasiënte met Disease X is moontlik siek met verskeie virusse op een slag.

Uit die 12 monsters wat sover geneem is, het 10 positief vir malaria getoets. Daar was ook onlangs ’n uitbraak van a-pokke in die land.

Die onbekende siekte tas meestal vroue en kinders onder vyf jaar aan. Nog toetse word uitgevoer om te agter te kom hoe die siekte versprei.

Bronne: The Independent, CNN, First Post

Lees ook: Nuwe virus in Kongo laat WGO ondersoek instel