Lees ook: Inentingsveldtog teen a-pokke in Kongo vertraag
‘n Span kenners van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is na die Kongo gestuur na sowat 143 mense in November dood is aan ’n onbekende nuwe virus.
Die WGO-kenners is op pad na Panzi waar 394 gevalle, meesal kinders onder vyf, en 30 sterftes van die siekte aangemeld is. Die onbekende, geheimsinnige siekte word voorlopig Siekte X genoem.
Volgens die WGO het die virus in Oktober begin versprei met mense wat siek geraak het na hulle die Kongo besoek het. Simptome sluit in hoofpyn, hoes, koors, moeite met asemhaling en bloedarmoede.
Die Kongo het onlangs ‘n uitbraak van a-pokke beleef.
Bronne: BizCommunity, South Morning China Post, Forbes





