KWAZULU-NATAL. – ‘n Man het gesterf toe die bakkie waarin hy ‘n passasier was, Dinsdagoggend op die N2 tussen Corocodile Creek en Tongaat agter in ‘n vragmotor vasgery het.
Kelsey-Jae Meyrick van IPSS Medical Rescue sê die passasier was in die bakkie se wrak vasgekeer. Die man is deur die diens se gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer terwyl die brandweer hom uit die wrak bevry het. Die man is daarna deur Air Mercy Service vir verdere mediese sorg na ‘n gespesialiseerde fasiliteit gevlieg. Hy het kort na aankoms by die hospitaal aan sy beserings gesterf.
Die bestuurder van die bakkie het slegs geringe beserings opgedoen.
Meyrick sê die nuus van die passasier se afsterwe is aanvanklik teruggehou, om te verseker dat sy familie eers van sy dood ingelig word.





