Brekende Nuus
Afrikaans

Pastoor in hegtenis vir besit van gesteelde voertuig

Pastoor in hegtenis vir besit van gesteelde voertuig

fotokrediet: Canva
Pastoor in hegtenis vir besit van gesteelde voertuig fotokrediet: Canva

Lees ook: Nog 46 leerlinge in Bloemfontein na hospitaal met maagkrampe

ACORNHOEK. – ’n Pastoor, sy drywer en nog vier mense is gister in hegtenis geneem vir die besit van ’n gesteelde voertuig.

Die polisie het die voertuig met ses insittendes gesien toe dit wegry van Klaseriedam. Die voertuig het slegs een registrasieplaat aan die voorkant gehad. ’n Ondersoek het aan die lig gebring die voertuig is in 2011 in Limpopo gesteel.

Die pastoor (42) het glo die voertuig by ’n privaat verkoper in Acornhoek gekoop. Hy het gesê hy het sy drywer (26) gevra om saam met hom en vier lede van sy kerk, tussen 20 en 31, na die dam vir “rituele” te gaan.

Die ses verdagtes sal na verwagting vandag in die Acornhoek-landdroshof voorkom.

Bronne: SAPD

Lees ook: Nog 46 leerlinge in Bloemfontein na hospitaal met maagkrampe