Pastoor vir vals verklaring oor kaping in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Pastoor (68) het Maandag op aanklag van vals inligting wat aan die polisie verskaf is in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Kol. Malesela Ledwaba sê die verdagte is Vrydag na die Westenburg-polisiekantoor om ‘n kapingsaak aanhangig te maak oor ‘n kaping wat glo volgens hom op 11 April omstreeks 09:00 op die R37 plaasgevind het. Hy het beweer hy was met ‘n Daihatsu Terios na Polokwane op pad toe hy twee mans opgelaai het wat vir ‘n geleentheid gewag het. Die verdagte het voorts beweer die twee mans het hom onderweg met ‘n vuurwapen gekaap en dat hy later dieselfde dag sy motorvoertuig sonder ‘n ratkas op die R37-pad gevind het.

‘n Polisie-ondersoek het na ‘n motorwerkswinkel in die Lebowakgomo-polisiëringsgebied gelei. Die eienaar van die werkswinkel het aan die polisie bevestig dat die verdagte self ’n sleepdiens versoek het nadat sy motor se ratkas onklaar geraak het. Daar is bevind dat die verdagte deur sy persoonlike bestuurder vervoer is toe die voertuig gaan staan het. Hy het 50% van die kostes vir die herstel van die ratkas betaal, waarna dit gesteel is.

Die verdagte het later sy verklaring verander en erken dat die beweerde kaping nooit plaasgevind het nie, waarna hy vir die gee van vals inligting gearresteer is.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief