Pedofiel van Phillipstown kry 120 jaar tronkstraf

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – ‘n Pedofiel (57) is gister deur die De Aar-streekshof tot 120 jaar direkte tronkstraf op 18 verskeie aanklagte gevonnis.

Volgens sers. Molefi Shemane het De Aar-GKS op Woensdag 20 Januarie 2021 ‘n saak van ‘n 12-jarige seun van Phillipstown wat gesê het hy is seksueel gemolesteer, ondersoek. Volgens die seun het die skuldige saam met hom in ‘n huis gewoon en hy het gesê hy weet nog kinders in die huis is seksueel aangerand.

Shemane sê nog kinders het na vore gekom, waarna kinderpornografie in die man se huis gevind was. Hy is in hegtenis geneem. Borg is teëgestaan en geweier.

Die man is op 18 aanklagte soos volg gevonnis: aanklag 1 – onsedelike aanranding 5 jaar, aanklag 2 – verkragting 10 jaar, aanklag 3 – gedwonge verkragting 10 jaar, aanklag 4 – seksuele voorbereiding 5 jaar, aanklag 5 – aanhitsing om ‘n seksuele misdaad te pleeg 10 jaar, aanklag 6 – sekusele aanranding 5 jaar, aanklag 7 – ontbloting van privaat dele 5 jaar, aanklag 8 seksuele aanranding 5 jaar, aanklag 9 – instruksie aan ‘n ander persoon om ‘n seksuele misdaad te pleeg 5 jaar, aanklag 10 seksuele aanranding 5 jaar, aanklag 11 – gedwonge verkragting 10 jaar, aanklag 12 – gedwonge seksuele aanranding 5 jaar, aanklag 13 – verkragting 10 jaar, aanklag 14 – veroorsaak dat kinders seksuele aksies aanskou 5 jaar, aanklag 15 – seksuele aanranding 5 jaar, aanklag 16 – gedwonge verkragting 10 jaar, aanklag 17 – seksuele aanranding 5 jaar en aanklag 18 – besit van kinderpornografie wat 734 foto’s en 172 video’s insluit 5 jaar tot 5 jaar tronkstraf gevonnis.

Die man is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam moet in die nasionale register van seksuele oortreders aangebring word.

Lt.genl. Koliswa Otola het die ondersoekwerk van speur.AO Valery Booysen geprys wat tot die suksesvolle vonnisse gelei het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief