Persoon sterf toe kontantwa in agterkant van vragmotor vasry

Lees ook :

Foto: Department van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling

MPUMALANGA. – Een persoon is dood toe ‘n kontantwa vroeër vandag op die R40-pad tussen Witrivier en Mbombela (Nelspruit) agter in ‘n vragmotor vasgery het.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê ‘n passasier in die kontantwa het gesterf, terwyl die bestuurder en ‘n ander passasier in die agterkant ernstige beserings opgedoen het.

Motoriste is gevra om versigtig en met geduld te bestuur terwyl die ongeluk opgeruim word. Slegs een baan kan gebruik word en voertuie wag reeds in ‘n lang tou om te kan ry.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief