Gistermiddag is ‘n persoon wat in ‘n restaurant in Ramsgate verstik het se lewe gered deur omstanders wat kardio-pulmonale resussitasie (KPR) toegepas het.
KZN se privaat ambulansdiens het na die toneel gehaas en drie omstanders wat besig was om KPR op die persoon wat gestik het toe te pas, aangetref.
Die persoon het glo gestik en daarna inmekaargesak.
Die vinnige en effektiewe optrede van omstanders was volgens die paramedici suksesvol.
Hulle versoek meer lede van die publiek om opleiding in KPR te ontvang omdat hierdie insident weereens bewys hoe effektief dit kan wees.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





