KWAZULU-NATAL. – ‘n Meisie (20 mnde.) wat Vrydag in ‘n swembad by haar ouerhuis in Hoylake-deurweg in Durban-Noord geval het, is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal vervoer.
Marshall Security sê hulle oproepsentrum is omstreeks 14:00 gekontak.
Die familie het self KPR begin toepas terwyl hulle vir nooddienste gewag het.
Marshall Security en Netcare 911 was binne vyf minute op die toneel en het die kind vir verdere hulp na ‘n hospitaal geneem.





