Piet Els: verdagte nommer vyf vanoggend in hegtenis geneem

Lees ook :

Nog ‘n verdagte het vandag in die Kimberley-landdroshof in verband met die aanval op wyle Piet Els (87) en sy lewensmaat, Rikkie Alsemgeest (68), verskyn.

Volgens Kapt. Sergio Kock is die vyfde verdagte, Karabo Rankali (32) op 19 Februarie by ‘n huis in Donkerhoek Kimberley in hegtenis geneem deur die blitspatrollie. ‘n Vuurwapen is ook op die toneel deur die polisie gekonfiskeer.

Rankali, oorspronklik van Lesotho, het vanoggend in die Kimberley-landdroshof op aanklag van roof met verswarende omstandighede, moord en verkragting verskyn.

Els, ‘n bekende sakeman van Kimberley en Alsemgeest is op 23 Januarie 2018 op Els se plaas net buite Kimberley op die Griekwastad-pad aangeval.

Els, wat tydens die aanval ernstig beseer is, het na 111 dae in die intensiewe-sorgeenheid in die MediClinic Gariep-hospitaal in Kimberley aan sy besering beswyk. Els was vanaf 24 Januarie, wat hy opgeneem is, tot die dag van sy dood in ICU.

Landdros Tsatsimpe het die saak uitgestel vir formele borgaansoek waarna die saak dan oorgeplaas sal word na die streekshof waar die vonnisoplegging sal plaasvind.

Lebobang Elias Melesi (27) wat op 12 Februarie in Galeshewe in hegtenis geneem is, het vandag weer verkyn. Sy saak is uitgestel tot 26 Februarie vir borgaansoek. Hy het ook op aanklag van moord,
roof met verswarende omstandighede en verkragting verskyn.

Rankali het borg van die hand gewys, dus bly hy in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief