Pieter-Steph du Toit gaan Springbokke aanvoer

Lees ook :

Foto: SA Rugby

Pieter-Steph du Toit is verkies om Saterdag as die Springbokke se kaptein teen Wallis op Twickenham uit te draf. Hy was ook in 2018 die kaptein in ‘n wedstryd teen Wallis.

Rassie Erasmus het 23 spelers vir Saterdag se span aangekondig, alhoewel 30 spelers vanaand saam na Engeland sal vertrek.

Manie Libbok, RG Snyman, Neethling Fouché, Phepsi Buthelezi, Ethan Hooker, Quan Horn en André-Hugo Venter is nie deel van die wedstryddaggroep nie.  

Vyf spelers bly in hulle posisies soos vir die Wêreldbekereindstryd. Dit is Eben Etzebeth, Franco Mostert, Du Toit, Faf de Klerk and Jesse Kriel. Kriel sal as onderkaptein van die span vir die wedstryd uitdraf.  

Hier is die Springbokspan wat Saterdag teen Wallis speel:

15 – Aphelele Fassi (Hollywoodbets Sharks)

14 – Edwill van der Merwe (Emirates Lions)

13 – Jesse Kriel (Canon Eagles)

12 – Andre Esterhuizen (Harlequins)

11 – Makazole Mapimpi (Hollywoodbets Sharks)

10 – Jordan Hendrikse (Emirates Lions)

9 – Faf de Klerk (Canon Eagles)

8 – Evan Roos (DHL Stormers)

7 – Pieter-Steph du Toit (kaptein – Toyota Verblitz)

6 – Kwagga Smith (Shizuoka Blue Revs)

5 – Franco Mostert (Honda Heat, Japan)

4 – Eben Etzebeth (Hollywoodbets Sharks)

3 – Vincent Koch (Hollywoodbets Sharks)

2 – Malcolm Marx (Kubota Spears)

1 – Ox Nche (Hollywoodbets Sharks)

Hier is die vervangings:

16 – Bongi Mbonambi (Hollywoodbets Sharks)

17 – Ntuthuko Mchunu (Hollywoodbets Sharks)

18 – Frans Malherbe (DHL Stormers)

19 – Salmaan Moerat (DHL Stormers)

20 – Ben-Jason Dixon (DHL Stormers)

21 – Grant Williams (Hollywoodbets Sharks)

22 – Sacha Feinberg-Mngomezulu (DHL Stormers)

23 – Damian de Allende (Wild Knights)

Lees die volledige verklaring hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief