Pink Floyd-kitaar vir rekordbedrag verkoop

Lees ook :

Foto: Jill Furmanovsky, Facebook

INTERNASIONAAL. – ’n Kitaar wat deur David Gilmour op ses albums van Pink Floyd gebruik is, is vir ’n rekordbedrag van $14,6 miljoen (R262,8 miljoen tot R270 miljoen) verkoop, wat dit die duurste kitaar maak wat nog ooit op ’n veiling verkoop is.

Volgens die BBC het Gilmour die 1969 Fender Stratocaster, met die bynaam “Black Strat”, gespeel op al die Britse rockgroep se albums tussen 1970 en 1983. Dit sluit ikoniese albums soos The Dark Side of the Moon, Wish You Were Here en The Wall in.

Gilmour het vroeër dié maand sy 80ste verjaardag gevier.

Die kitaar is Donderdag tydens ’n rock-memorabilia-veiling in New York deur Christie’s aan ‘n onbekende bieër verkoop.

By dieselfde veiling is ’n klavier wat aan John Lennon behoort het ook verkoop vir $3,2 miljoen (£2,5 miljoen) – glo die hoogste bedrag wat nog vir ’n stuk memorabilia van die Beatles betaal is.

Die veiling het items bevat uit die versameling van die Amerikaanse miljardêr-sakeman Jim Irsay, wat in 2025 oorlede is.

Bronne: BBC, Y!Entertainment.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief