Video-opname in berig.
WES-KAAP. – ’n Man het glo Woensdag omstreeks 10:30 probeer om ‘n meisie (5) in ‘n Athlone-winkelsentrum van haar ma af weg te ruk. Die man (30) is in hegtenis geneem.
Suspects arrested after allegedly attempting to kidnap a 6-year-old at the Vangate Mall in Cape
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) December 14, 2025
Town.#CrimeWatch pic.twitter.com/MqYhe0asSo
Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits die ma het haar dogter aan die hand vasgehou terwyl hulle gestap het, toe ‘n man na bewering die kind probeer wegtrek het. ’n Stoeiery het ontstaan, waarna die kind se pa, wat die voorval gesien het, ingegryp het. ’n Saak van poging tot ontvoering is geopen. Die ouers en die kind ontvang berading by die Athlone-slagofferondersteuningskamer.
‘n Saak van poging tot ontvoering is geopen. Die ondersoek duur voort. Die man wat in hegtenis geneem is, is vir mediese behandeling onder polisiebewaking in ‘n hospitaal.





