POLAND. – Poland se eerste minister, Donald Tusk, het gesê Poland moes hommeltuie afskiet wat Poland se lugruim binnegedring het tydens Rusland se aanvalle oornag op Oekraïne.
Lees ook: Israel val Hamas-leierskap in Katar aan
Tusk het gesê die operasie om die hommeltuie af te skiet, is verby en dat die hommeltuie nou opgespoor moet word waar dit afgeskiet is.
Die Poolse weermag het gesê hierdie voorval is ’n “aggressiewe daad wat ’n regte dreigement ingehou het vir die veiligheid van ons burgers”.
Volgens die Poolse regering sal dit vandag ’n vergadering oor die aanval hê. Russiese hommeltuie en vuurpyle het voorheen in die lugspasie van Nato-lede beland, maar dit is die eerste keer dat ’n Nato-land hommeltuie moes afskiet.
Bronne: CBS News, BBC, Daily Mail
Lees ook: Israel val Hamas-leierskap in Katar aan





