Poland waarsku Rusland vliegtuie sal afgeskiet word as dit weer lugruim binnedring

Lees ook :

Poland waarsku Rusland vliegtuie sal afgeskiet word as dit weer lugruim binnedring fotokrediet: Canva

POLAND. – Poland het Rusland gewaarsku om nie “te kla” as hulle vliegtuie of vuurpyle oor Nato-gebied afgeskiet word nie.

Lees ook: Poland sê dit moes hommeltuie afskiet tydens Russiese aanval op Oekraïne

Poland se minister van buitelandse sake, Radoslaw Sikorski, het tydens ‘n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gesê:“Ek het net een versoek aan die Russiese regering: as nog ‘n vuurpyl of vliegtuig ons lugruim sonder toestemming binnedring, aspris of per ongeluk, en afgeskiet word en die wrak land op Nato-gebied, moet asseblief nie heerheen kom om te kla nie. Julle is gewaarsku”.

Die Poolse eerste minister, Donald Tusk, het tydens ‘n aparte persverklaring gesê sy land sal enige vliegtuig wat sonder toestemming die lugruim inkom, afskiet.

Bronne: Euronews, POLITICO, Times of India

Lees ook: Poland sê dit moes hommeltuie afskiet tydens Russiese aanval op Oekraïne

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief