Brekende Nuus
Afrikaans

Polisie bekommerd oor boodskap op pamflet vir ‘Optog Teen Plaasmoorde’

Die polisie in Noordwes is bekommerd oor die verspreiding van 'n pamflet oor 'n optog wat gereël word wat sê niks word aan landelike misdade gedoen nie.

Polisie bekommerd oor beplande optog
Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Die Polisie in Noordwes is bekommerd oor die verspreiding van ‘n pamflet op sosiale media oor ‘n “Optog Teen Plaasmoorde” wat glo vir Maandag 10 Oktober op Brits gereël word. Volgens die polisie is die organiseerder van die optog nie aktief betrokke in gevestigde strukture om veiligheid vir plaasgemeenskappe te bevorder nie.

Brig. Sabata Mokgwabone sê bekommernis bestaan omdat hierdie organiseerder die publiek mislei deur ‘n boodskap dat niks aan landelike misdade gedoen word nie.

Die distrikskommissaris en stasiebevelvoerder het ‘n goeie verhouding met boere, plaaswerkers, GPF en ander rolspelers in die area.

Maj.genl. Patrick Asaneng, die provinsiale voorsitter van die landelike prioriteitskomitee, wil die publiek en boere in die area inlig dat die prioriteitskomitee bestaan om juis optimale dienslewering van plase en kleinhoewes in landelike gebiede te verseker.

Vrywilligers en vennote in die geveg teen misdaad is welkom, maar word wel aangemoedig om saam met die polisie deur erkende strukture, soos byvoorbeeld die GPF te werk.

“Everyone has the right in terms of the Constitution, to peacefully demonstrate, assemble, picket and to present petitions, but that must be done in a responsible manner.”

Bron: SAPD