OOS-KAAP. – Die Mthatha-polisie doen ’n beroep op gemeenskappe met vermiste familielede om die Mthatha-speurders by die Old Savoy-gebou te kontak vir die uitken van onbekende liggame wat in staatshospitaal-lykshuise gehou word.
Volgens kapt. Welile Matyolo is verskeie onbekende liggame in verskillende dele van die OR Tambo-distrik, insluitend Mthatha, Mqanduli, Ngqeleni, Libode, Bhityi en Kwaaiman, gevind. Die publiek word versoek om te help met die identifisering en die opeis van die liggame van hul familielede.
Sommige van die liggame is reeds langer as twee jaar in lykshuise.
Vir meer inligting kan kol. Mantyi by 082 779 7122, kol. Miya by 082 580 9337 en lt.kol. Ndzamela by 082 442 0743 gebel word.





