Polisie fnuik ‘transitoroof’ en skiet twee vermeende rowers dood

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die polisie het Saterdag ‘n beweerde transitoroof in Dobsonville in Soweto gefnuik en twee verdagtes doodgeskiet.

Brig. Athlenda Mathe sê die voorlopige ondersoek dui aan die polisie het inligting van ‘n beplande transitoroof opgevolg. Die lede is na ‘n aktiewe misdaadtoneel nog voordat ‘n kontantwa opgeblaas kon word.

Mathe sê met die polisie se aankoms op die toneel het verdagtes op hulle geskiet en hulle het teruggeskiet. Twee van die verdagtes is noodlottig getref.

Die polisie het op ‘n R5-geweer, drie AK 47-aanvalsgewere en drie voertuie beslag gelê.

‘n Soektog is na ‘n verdagte wat te voet van die toneel gevlug het, geloods. Enigiemand met inligting word versoek om met die Dobsonville-polisiestasie in aanraking te kom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief