Polisie help en voorsien kos aan motoriste in sneeu

Lees ook :

Fotokrediet: Onbekend Facebook

KWAZULU-NATAL. – Polisielede is ontplooi om hulp en warm kos aan motoriste wat sedert Vrydag op die N3 tussen Estcourt en Mooirivier in die sneeu vassit, te neem.

Kol. Robert Netshiunda sê polisielede wat self in die sneeu vassit, verrig veiligheidsdienste aan mede-motoriste.

“Die bestuur van die polisie in KwaZulu-Natal het sakevennote gemobiliseer wat reeds kos en warm klere begin voorberei het vir diegene wat in die ysige sneeu vassit. Ten spyte van ongunstige vliegtoestande, trotseer die polisie, wat saam met ander reddings- en humanitêre entiteite werk, die toestande om lewe te bewaar en broodnodige basiese dienste te lewer.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief